Home Arranging a Funeral Planning Ahead About Grief Scheduled Services
Facebook
 


 

Groen is ook hier die nuwe swart

Van die natuur, aan die natuur.
Dit is die doel van groen begrafnisse, ’n omgewingsvriendelike alternatief vir tradisionele begrafnisse. Dié begrafnisse begin nou ook in Suid-Afrika gewild word.
Dié nuwe neiging deur die Sonja Smith-begrafnisgroep in Pretoria het onlangs baie aandag getrek op die nasionale begrafnis-ekspo wat in Johannesburg gehou is.
Pleks van houtkiste word kiste wat van natuurlike stof geweef is vir groen begrafnisse gebruik.

Smith sê in ’n verklaring die kiste bestaan uit materiaal wat saamgestel is uit seegras, klapperboomblare en papierpulp.
Sy het twee jaar gelede die kontrak gekry om dié kiste in Suid-Afrika bekend te stel en te versprei.

In ’n meningsopname wat verlede maand by die Natural Burial Expo in Amerika gedoen is, het 70% van respondente aangedui hulle sal ’n groen begrafnis verkies.
Volgens Smith is die besoedelende stowwe van tradisionele kiste – die saamgeperste hout, vernis en die kombinasie van gom en vernis – skadelik vir die omgewing.
Soliede houtkiste is volgens haar ook nie baie omgewingsvriendelik nie. Nie net is dit duur nie, maar verskeie bome word vernietig in die produksieproses en nie noodwendig weer vervang nie.

Die geweefde kiste, wat in Indonesië gemaak word, is ten volle vergaanbaar en word uitgevoer met ’n waterdigte, bio-afbreekbare voering.
Volgens Smith is die meeste mense onder die indruk dat ’n groen begrafnis goedkoper is.
“Omdat die kiste ingevoer word, is daar ekstra vervoerkoste en invoerbelasting betaalbaar.”

’n Groen begrafnis behoort volgens haar nie bloot by die keuse van ’n kis te eindig nie.
Die ideaal van ’n omvattende groen begrafnis kan bereik word as die klere waarin ’n afgestorwene begrawe word van natuurlike stowwe gemaak word en die begraafplaas in ’n natuurlike, ongetemde omgewing geleë is.
Die Sonja Smith-begrafnisgroep het takke in Centurion, Sinoville en Moreletapark in Pretoria.

Vir nog inligting besoek, www.sonjasmith-funerals.co.za of skakel die hoofkantoor in Centurion by 0126549902.

So lyk die handgeweefde kiste wat die Sonja Smith-begrafnisgroep invoer en versprei vir 'n omgewingsvriendelike begrafnis.

 
 
Contact Us Find Us
 
Funeral Places Pretoria Funeral Places Pretoria
 
 
   

Businesswoman of the Year 2004

Centurion of the Year 2005

Advertiser of the week 17, 2009 Rippel 90.5 Prizegiving Ceremony 2009 Advertiser of the month of June
Level of Service Decleration, 2008 Top Business Leaders Finalist, 2008 Accountability Member 2008
  Riskfin Funeral Administrators  
 
 
   

Hi Sonja

I would like to say thank you for all you did before and on Friday and affirm you in your ministry as you care for the bereaved. Your special touches did not go unnoticed and we really appreciated that you ensured that everything was more than sorted for Louise & family on Friday so they could focus on saying goodbye to Fanie. Sadly I went to another funeral about two weeks ago where it was a completely different story and I noticed the added stress it gave that family, so thank you for being a breath of fresh air amidst the pain of death.

Blessings as you continue to serve God and the bereaved,
Mandy Hain
Senior Analyst Read More

 
 
 
 
Copyright 2010 - Sonja Smith Funeral Group. All Rights Reserved.