Home Arranging a Funeral Planning Ahead About Grief Scheduled Services
Facebook
 
 

Sanette

Elke nou en dan loop jy op jou lewensreis en dan kom jy af op engele wat God op die aarde geplaas het.  Sy kinders wat nog omgee, wat nog voel en wat ongevraagd net gee.  Ons as familie was in die bevoorregte posisie in die donkerste tyd van ons lewens om sulke mense soos julle te ontmoet.

Oupa Piet was ‘n trotse man en julle het ons gehelp om hom so waardig en trots te laat gaan soos wat hy dit wou gehad het.  Dankie-woorde is vandag so volop en soms word dit met so min gewig gesê.  Maar weet dat hierdie dankie uit die diepste wese van ons hart kom.  God hou sy hand ook op elke een van julle en Hy onderskraag ook elke een van julle.  Ons sal julle onthou in ons gebede vir die belangrike werk wat julle doen en ons sal vir julle bid dat julle ook krag kry om te vlieg met arendsvlerke in moeilike omstandighede.

GOD SEËN VIR JULLE! BAIE DANKIE!

Die Steyn familie

Beste Mevrou Smith

Graag wil ek, namens my sus (Matty Adlem) en myself u en u span (spesifiek Sanette), van harte bedank vir die voortreflike manier waarop ons moeder (Trudie Grobler) se begrafnis gereël is.  Dankie vir die professionaliteit, vriendelikheid, liefde en deernis waarmee u ons hanteer het.
U is voorwaar begrafnisondernemers met “fluweel-handskoentjies”!
Groete
Henriëtte Roux

 
 

Dankie vir die besonderse wyse waarop julle ons gehelp het om van Jaco afskeid te neem.  Ons sou dit op geen ander manier wou hê nie.  Julle menslikheid word hoog op prys gestel!

Die Stapelbergs

Bothma’s en Brands

1 1 1
1

Aan Sonja en Personeel

Baie, baie dankie vir die uitmuntende diens wat julle met my moeder se begrafnis gelewer het.  Julle professionele werkswyse is ‘n riem onder die hart en ek wens julle alles van die beste toe!

Soli Deo Gloria!

Francois Botes

 
1   1

Geagte mev. Sonja Smith

Hiermee wil ons graag as gesin ons opregte dank en waardering teenoor uself en u onderneming uitspreek vir die besondere en professionele wyse waarop julle die begrafnis van ons lieflingseun Andrio hanteer het.

Dit is ongelooflik om te weet dat daar nog soveel omgee, deernis en naasteliefde in vandag se moeilike tye en omstandighede bestaan.  Ons wil graag ook vir Paul Grobler bedank vir die besondere omsigtige wyse en effektiwiteit waarmee hy in samehang met u ander personeel al die reëlings en die begrafnis self hanteer het.  U kan met reg trots wees op die beeld wat u onderneming projekteer.

Voldoende woorde ontbreek waarmee ons u kan bedank, maar ons wens en gebed vir u is dat die Here u ryklik mag seën en dat uself en u onderneming van krag tot krag sal gaan.  Ons sal self ook by elke moontlike geleentheid u onderneming ten sterkste aanbeveel.
Met opregte dank en waardering.

Drinus, Erika en Andrio de Lange

Psalm 91:16:  “Met lengte van dae sal Ek hom versadig en Ek sal hom my heil laat sien.”

1 1 1
1

Liewe Vriende

Namens die Coetzee familie en al ons vriende sê ons baie dankie vir die simpatieke, liefdevolle en professionele wyse waarop julle die afhaal, voorbereiding en die gedenkdiens hanteer het met Gerhard se afsterwe.

Julle het ons soos vriende behandel en ons was deurentyd bewus daarvan dat julle met ons saamvoel met die verlies van ons Pappa, Broer, Oom en Vriend. Ons dank ons Vader vir ‘n organisasie soos Sonja Smith Begrafnisgroep en weet dat dit alleen gedoen kan word met Sy liefde in julle harte.  Ons weet dat ons Hemelse Vader julle ook dra om ander se smart ligter te maak.

Ons seënbede gaan met julle almal.

Van die Coetzee-familie en Vriende.

 
1   1

Aan Sonja Smith en Personeel

Namens die Faurie familie wil ek jou, sowel as die uitmuntende personeel by Sonja Smith Begrafnisgroep bedank vir die lieflike en medelyende begrafnisdiens wat jul vir Jaco gereël het.  Dankie vir die professionele en goed georganiseerde wyse waarop jul Jaco se laaste reis waardig gemaak het.  Ons waardeer jul menslikheid uit die diepte van ons harte. Groete.

Amelia (Lolla)

1 1 1
1

Beste Elmarie

Baie dankie vir die professionele diens verskaf met die begrafnis van my pa, Genl. Loxton.  Jou empatiese leiding en keuses gestel is opreg waardeer.  Die reëlings was voortreflik en die geleentheid het foutloos verloop te danke aan jou.  Die respons op my navrae en bekommernisse was gerusstellend.  Ek voel geseënd dat ek na julle verwys is en dat ek by jou uitgekom het.
Met groot waardering.

Brenda Louw

 
1   1

Sonja Smith Funeral Group

On behalf of the Pieters family, herewith a very big THANK YOU for your support and excellent service!

I specially want to say thank you to your staff for their help, support and compassion shown to us.  Words are never adequate to describe our gratitude.  Silver and gold can be repaid but kindness has no price.  The kindness shown to us by your staff members will be a memory cherished into Eternity.

We pray that God will continue to bless your enterprise, and that he will continue to sustain you and give you the right attitude, words and deeds, to help families that are experiencing their darkest hour, to have Hope for tomorrow.

Kind regards,

Lillian Cooks

1 1 1
1

Liewe Sonja en personeel,

Baie, baie dankie vir die goeie ondersteuning, bemoediging en puik reëlings wat ons van julle onderneming ontvang het met die skielike heengaan van Willie Loots.  Mag die Heer se seën elke dag oor julle wees met die wonderlike werk wat julle verrig.

Met Liefde.

Ronel

 
1   1

 

 
Contact Us Find Us
 
Funeral Places Pretoria Funeral Places Pretoria
 
 
   

Businesswoman of the Year 2004

Centurion of the Year 2005

Advertiser of the week 17, 2009 Rippel 90.5 Prizegiving Ceremony 2009 Advertiser of the month of June
Level of Service Decleration, 2008 Top Business Leaders Finalist, 2008 Accountability Member 2008
  Riskfin Funeral Administrators  
 
 
  Braam Klopper  
Funeral Academy For Africa
Gernessa
Neels Kruger
Oasis Support Group
Shelanti Garden
National Tissue Bank
Trgen
Voortrekker Monument
 

 
Copyright 2010 - Sonja Smith Funeral Group. All Rights Reserved.